Watervlakke kritiek maan departement

MOKOPANE – Die Doorndraaidam is net 55,3 % vol teenoor verlede jaar se 89,3 % en hoewel ‘n paar druppels vandeesweek die stof effe laat lê het, heers daar groot kommer oor die voortslepende droogte.

Ockert Scherman, Voorsitter van die Potgietersus Distriklandbou-unie, sê die boere kry bitter swaar, maar die hoop beskaam nie dat daar vorentoe groot reën oppad is. Sowat 5 mm is in sommige dele van die Elders omgewing gemeet wat die grond effens nat gemaak het.Baie dele het glad nie reën gekry nie.

Vanuit die Crecy omgewing laat weet Floris Booysen die boere se weiding is kritiek laag. Sedert hy 25 jaar gelede begin boer het, is dit vanjaar die droogste ooit. Hy is egter verlig om te sien die weerburo voorspel goeie reën vir November en Desember.

Pieter Boshoff wat in die Roedtan omgewing boer sê die paar druppels wat daar geval het was nie meetbaar nie. Die beeste se voer is byna klaar en die meeste boere gebruik hulle reserwes. Hy vertrou egter dat dit binnekort lekker gaan reën.

Die DA-Raadslede, Yolandé Coetzee en Korny Dekker, maan alle inwoners om spaarsamig met water te werk.

“Ons land beleef ‘n ernstige water tekort en elke druppel begin tel. Volgens die Departement van Water en Sanitasie se opnames wat op 10 Oktober geneem is is die Doorndraaidam tans 55,3% vol teenoor verlede jaar se 89,3%. Die Mogalakwena rivier het slegs 1,3% water teenoor verlede jaar se 53,2%.

“Ons gemeenskap moet die erns van die saak besef. Ons kan nie meer water mors en oordadig gebruik nie.”

Coetzee maan die inwoners om hul tuine voor of na donker nat te maak en nie voertuie te was met tuinslange nie.

Skenk dadelik aandag aan ‘n druppende kraan en verseker dat kinders ingelig is oor die kosbaarheid van ons water.

Gebarste munisipale pype of water lekasies kan aangemeld word by 015 491 9640 of na ure by 015 491 4444. Kontak gerus vir Dekker en Coetzee as hulp of diens nie gelewer word nie. Dekker kan gekontak word by 082 878 1502 en Coetzee by 079 2737 986

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ReviewCapricorn Voice BosveldBonusAutodealer.co.za
Top
Recommended Story x
Passionate from pen to paper

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other